Paddas en Paddajolyt bied natuurliefhebbers 'n gebruikersvriendelike en praktiese bekendstelling aan paddas. Die inligting in die titel is gebaseer op die nuutste klassifikasie. Verder bied dit: Identifikasie en beskrywing van alle paddas Suid van die 22 breedtegraad; 'n afdeling oor paddabiologie en gedrag; leiding oor die fotografering van paddas asook die maak van klank - opnames van roepe; inligting oor hoe om paddas na tuine te lok met idees vir projekte soos die bou van 'n paddavriendelikke tuindam; leiding oor die verskeidenheid paddas wat in elke tipe habitat verwag kan word; kleurvolle fotos en verspreidingskaarte vir elke spesie; 'n Sleutel tot op spesievlak asook 'n paddavissleutel tot genusvlak; 'n CD in MP3 formaat met al 115 roepe wat beskikbaar is. Dit bied 'n baie betroubare manier om paddas te identifiseer.